Welkom by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere
’n Dinamiese, onafhanklike sentrum waar die kulturele belange van Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika ontmoet, hoofsaaklik gerig op Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners, en met die doel om gedeelde taal- en ander kulturele ervarings deur vraaggedrewe projekte te bewerkstellig.
![Map of the spread of Dutch and Afrikaans](https://sasnev.co.za/wp-content/uploads/2022/12/SASNEV-world-map-english-1-1024x319.png)
![](https://sasnev.co.za/wp-content/uploads/2022/12/SASNEV-world-map-english-mobile-1.png)
Projekte
By ons venue in Pinelands, Kaapstad is daar gewoonlik iets opwindends aan die gang wat jou belangstellings sal pas – soos ons uitgebreide biblioteek- en inligtingsdiens, boekbekendstellings, ‘n oggendmark en meer.
![Nederlandse Lespakket](https://sasnev.co.za/wp-content/uploads/2015/09/nederlandse-lespakket.jpg)
NEDERLANDSE LESPAKKET
Eenders & Anders – Hierdie vlagskipprojek het ten doel om Afrikaanssprekende leerders aan die Nederlandse taal en kultuur bekend te stel.
![Podium](https://sasnev.co.za/wp-content/uploads/2015/09/podium-1.jpg)
PODIUM
'n Plek vir 'n kulturele gesprekke. Of dit nou in Nederlands, Afrikaans of Engels is, SASNEV bied 'n podium aan kulturele rolspelers om hul sê te sê.
![Fasiliteite](https://sasnev.co.za/wp-content/uploads/2015/09/fasiliteite.jpg)
BIBLIOTEEK
SASNEV huisves die Nederlandse Biblioteek Kaapstad met 'n groeiende versameling van meer as 27 000 Nederlandstalige boeke, CD's, DVD's, tydskrifte en koerante.