SASNEV projekte

Prestasiegedrewe kultuur
Sedert 2008 is SASNEV besig om meer projekgeoriënteer te word, en daarom is dit nodig om realisties te wees by die opstel van teikens, en eerlik by die meet van uitkomste. Die uitvoer van elke jaar se strategiese plan sluit in gereelde oorsig en evaluering van vordering en resultate, sodat stappe ter verbetering gedoen kan word waar en indien nodig.

Die meeste van die projekte word ontwikkel in noue samewerking met een of meer van ons vennote. Indien nodig word daar per projek professionele medewerkers uit Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika aangestel.

Navraag kan gedoen word oor SASNEV se projekte en die mees aktuele inligting oor ons kort- en langtermyn lopende projekte kan op aanvraag beskikbaar gestel word.

 

Projek 1:
INFOTEEK

Projekomskrywing en vennote

  • Om deur middel van tegnologie SASNEV se doelwitte, gebeure en projekte beter en vinniger na ‘n wyer teikenmark te kommunikieer
  • Die vestiging van SASNEV as ‘n moderne elektroniese inligtinggedrewe organisasie deur middel van elektroniese kommunikasie


Ondersteuning SASNEV-doelwitte

  • Die beskikbaarstelling van elektroniese inligting oor die Lae Lande en SASNEV-vennote aan internasionale en nasionale gebruikers
  • Die bevordering van Suid-Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse netwerke oor die algemeen en meer spesifiek kultuurraakpunte in die elektroniese media


Doelgroep en evalueringskriteria

  • Die Suid-Afrikaanse jeug oor die algemeen en spesifiek Afrikaans- en Nederlandssprekende gebruikers wat in Nederland en België (spesifiek Vlaandere) belangstel


Uitvoeringsperiode en projekplan

  • Januarie 2012 – Desember 2012



Projek 2:
LEESKRINGSEMINAAR EN LEESKRINGDAE


Projekomskrywing en vennote

  • Bestudering van ʼn vertaalde werk Afrikaans/Nederlands tydens ʼn een/twee-dag-seminaar
  • Projekvennote: ondermeer uitgewers, ATKV (Lapa), Media24, die Nederlandse en die Vlaamse owerheid

 

Ondersteuning SASNEV-doelwitte

  • Bevordering van taalraakpunte
  • Bevorder die leeskultuur en letterkunde by volwassenes en later by ander ouderdomsgroepe


Doelgroep en evalueringskriteria

  • Afrikaans- en moontlik Nederlandstalige leeskringe, uitgewersbedryf en vertalers
  • 350 individue verteenwoordigend van 10 leeskringe


Uitvoeringsperiode en projekplan

  • Januarie 2012 - November 2012



Projek 3:
LESPAKKET VIR SKOLE

Projekomskrywing en vennote

  • Bevordering van Nederlandse en Afrikaanse letterkunde by Afrikaanse hoërskoolleerders
  • Projekvennote: Orde van den Prince, afdeling Lier, met meer afdelings wat steun beloof in 2012


Ondersteuning SASNEV-doelwitte

  • Bevordering van taalraakpunte
  • Bevorder taalgeletterdheid by jeug


Doelgroep en evalueringskriteria

  • Afrikaanstalige hoërskoolleerders
  • 200 individue verteenwoordigend van 8 skole


Uitvoeringsperiode en projekplan

  • Januarie 2012 – November 2012


 

 

Vir meer inligting of om ’n afspraak te maak om die gebou te besoek, skakel 021 531-5831 tydens kantoorure: Maandag tot Vrydag - 10:00 tot 14:00.

Of stuur ʼn e-pos aan: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Kontak 

Skakel 021 531 5381 tydens kantoorure vir meer inligting of om ‘n afspraak te maak

Maak ‘n donasie aan SASNEV

Maak ‘n donasie aan SASNEV

SASNEV - Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere © 2012 Alle regte Voorbehou.
Webblad bestuur deur raramuridesign