Vennote 

ʼn Waardegedrewe stigting
Vir SASNEV om in die Suid-Afrikaanse taal- en kultuuromgewing respek af te dwing as ʼn effektiewe projekimplementeringsorganisasie, asook ʼn organisasie wat borgskappe en donasies verdien, moet SASNEV se waardes duidelik uiteengesit en gevolg word.

SASNEV se waardes: 

Integriteit
Ons ondersteun oop en eerlike kommunikasie en tree vertrouenswaardig op onder mekaar en met ons inligtingsnetwerk.

Regverdigheid
Ons erken hoe belangrik die balanseer van veelvuldige belange is en neem besluite wat kultuur- en taaluitruiling tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere bevorder.

Pro-aktiwiteit
Ons bly ingelig oor en ingeskakel by belangrike kwessies van taal en kultuur en ons lewer ’n positiewe bydrae tot debatte en kwessies in ons inligtingsgemeenskap.

Spanwerk
Ons ondersteun mekaar as SASNEV-lede, hetsy trusteeraad-, bestuur- of projekverwant, en respekteer mekaar se insette deur middel van oop en eerlike kommunikasie.

Onafhanklike denke
Ons glo in die unieke perspektiewe wat elke individu kan bydra en staan bekend as ʼn organisasie waar innoverende denke aangemoedig, ondersteun en konstruktief gedebatteer en geëvalueer word uit respek vir elke persoon se opinie.

Verantwoordelikheid
Ons is trots daarop dat ons goeie bestuurders is van die fondse wat aan ons toevertrou word, en dat ons deurdagte besluite neem en projekte slegs aanpak wanneer ons oortuig is van die impak en werkbaarheid daarvan. Ons neem daarom ook verantwoordelikheid vir ons aksies, en handel in ʼn oop en deursigtige wyse, veral met alle donateursfondse.

 

SASNEV netwerk met eendersdenkende organisasies in die buiteland en in Suid-Afrika... 

...en het SASNEV samewerkingsooreenkomste met:

SASNEV word ondersteun deur die volgende organisasies:

SASNES huisves huidiglik:

Kontak 

Skakel 021 531 5381 tydens kantoorure vir meer inligting of om ‘n afspraak te maak

Maak ‘n donasie aan SASNEV

Maak ‘n donasie aan SASNEV

SASNEV - Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere © 2012 Alle regte Voorbehou.
Webblad bestuur deur raramuridesign