Skakel 021 531 5381 tydens kantoorure vir meer inligting of om ‘n afspraak te maak
Struktuur
SASNEV word bestuur en beheer deur die Stichting Huis der Nederlanden, wat deur die Kuratorium van die Nederlands gevestigde Stichting Willem de Zwijger opgerig is.
Die Stichting Huis der Nederlanden funksioneer onder die leiding en toesig van ‘n trusteeraad. Die Stichting hou die sentrum in stand en laasgenoemde word deur ʼn bestuurshoof bestuur.
Die eerste voorsitter van die Stichting Huis der Nederlanden se raad van trustees was Anneke van Niekerk. Die eerste direkteur van die Huis der Nederlanden was Zirkëa Ellis en die laaste direkteur Daniel Hugo. By sy uittrede is die titel direkteur vervang deur bestuurshoof en die sentrum se naam het verander.
Die huidige bestuurshoof van die sentrum en projekbestuurder vir die SASNEV projekte sedert September 2009 is Eureka Barnard.
Dorothea van Zyl (voorsitter)
Erik Wiese (tesourier)
Helgaard Raubenheimer (lid)
Jan Mutton (lid)
Eureka Barnard (sekretaris)
Eureka Barnard: permanente bestuurshoof en projekbestuurder
Nomfundo Landu: permanente algemene raakvatter
Lieneke Pasman: tydelike algemene kantoorassistent
David Johnson: na-uurse algemene raakvatter (ad hoc)
Natasja Schellaars-Le Roux (Tweespraak): projekleier – Lespakket vir skole
Pieter Meiring: projekleier Infoteek en SASNEV-webblad
Karen Vegt: projekleier van Nederland
Sterk leierskap
Leierskap in ʼn trusteeraad verg nie net aktiewe deelname aan gesprekke en besluite nie, maar ook die neem van besluite in lyn met die verantwoordelikhede van ʼn trusteeraad. Die trusteeraad moet leiding gee deur deurgaans in gedagte te hou wat die mees optimale benutting van donateursfondse sal wees, in lyn met die goedgekeurde strategiese plan.
Effektiewe bestuursimplementering
Die rol van SASNEV se bestuur is om verantwoordelikheid te neem vir die bestuur van die sentrum en die uitvoer van projekte, hetsy direk of deur middel van kontrakteurs of werknemers, en om bestuurskwessies vroegtydig onder die aandag van die trusteeraad te bring.
SASNEV se 2012-strategie is ambisieus. Voorheen is daar nie voorsiening gemaak vir ‘n projekbestuurder of projekleiers en medewerkers nie.
Sedert Januarie 2011 maak SASNEV ʼn begin daarmee om projekte nie net binne die sentrum aan te bied nie, maar ook buite die grense van die sentrum.
Dit is nou moontlik om projekleiers en medewerkers per projek aan te stel. Die projekleiers en medewerkers kan individue wees, of enige vennoot wat die visie van SASNEV ondersteun en wat vind dat dit moontlik is om deur die vorming van ’n vennootskap die ooreengekome doelwitte van ʼn projek te bereik.