Oor SASNEV

SASNEV is gereed vir deelname aan die mees dinamiese sektore van die een-en-twintigste eeu:
- kultuur
- ekonomie
- sosiale verantwoordelikheid
- opvoedkunde

SASNEV wil as onafhanklike rolspeler aan Nederland en Vlaandere sigbare blootstelling op bogenoemde terreine gee, op sowel nasionale as internasionale vlak, en in die proses ’n groot en breë gehoor bereik.

SASNEV fokus op drie kernelemente:

Inligting
SASNEV se dinamiese webblad bied antwoorde op vrae rakende Vlaandere en Nederland. Van praktiese inligting oor die openbare vervoerstelsel tot die mees aktuele inligting oor die politieke situasie in die Lae Lande kan hier gevind word.

Internasionale netwerk
Met ʼn uitgebreide en diverse netwerk in Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika is SASNEV dié plek om by aan te klop om in aanraking te kom met enige van die sentrum se kontakte oral oor die wêreld.

Aktiwiteite
SASNEV bied dwarsdeur die jaar aantreklike en stimulerende aktiwiteite aan, met iets wat in elkeen se smaak sal val. Aktiwiteite sluit in optredes van Nederlandse, Vlaamse en Suid-Afrikaanse kunstenaars, gespreksaande in die Praatkafee, filmvertonings met ’n inleiding en ’n bespreking daarna, een keer per jaar ’n Nederlands- en Afrikaanstalige musiekfees, en elke tweede en laaste Saterdag van die maand ’n mini-mark met Nederlandse produkte. Elke aktiwiteit word aangekondig op die webblad en in ons nuusbrief.

Verwante video

Kontak 

Skakel 021 531 5381 tydens kantoorure vir meer inligting of om ‘n afspraak te maak

Maak ‘n donasie aan SASNEV

Maak ‘n donasie aan SASNEV

SASNEV - Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere © 2012 Alle regte Voorbehou.
Webblad bestuur deur raramuridesign